"Wat is Vim?" 'n Verduideliking in ses kilogrepe Vim ("Vi IMproved") is 'n "vi kloon", m.a.w. 'n soortgelyke program as die tekswysiger "vi". Vim werk in teksmodus in alle terminale, maar dit het ook 'n grafiese gebruikerskoppelvlak met ondersteuning vir menu's en 'n muis. Beskikbaarheid: Vim is beskikbaar vir baie platforms, en het baie meer funksies as Vi. (sien http://vim.sourceforge.net/viusers.php) Vim is mederwerkend met amper alle Vi instruksies - uitsluitend Vi se goggas. ;-) Bedryfstelsels: Vim is beskikbaar vir baie stelsels: AmigaOS, Atari MiNT, BeOS, DOS, MacOS, NextStep, OS/2, OSF, RiscOS, SGI, UNIX, VMS, Win16 + Win32 (Windows95/98/00/NT) - en veral FreeBSD en Linux. :-) Kopiereg: Die kopiereg is in die hande van die hoofouteur en onderhouer, Bram Moolenaar . Vim is "charity-ware"; jy word aangemoedig om 'n donasie aan weeskinders in Uganda te maak (sien ":help uganda"). Bronkode: Vim is Open Source en almal is welkom om dit te help verbeter! === Eienskappe 'n Beginner se Wysiger - Gebruikersvriendelik: Vim is baie maklik vir beginners om te leer, te danke aan die ekstensiewe aanlyn hulp, "undo" en "redo" instruksies (maak maar foute - ontdoen+herdoen dit net!), ondersteuning vir die muis en konfigureerbare ikone en menu's (GUI). Karakterkodes en Terminale: Vim ondersteun die iso-latin1 karakterstel en vir termcap. (Standaard Vi het probleme met beide.) Karakters en Tale: Vim ondersteun regs-na-links wysiging (bv. vir Arabies, Farsi, Hebreus) en multigreep teks, vir tale wat meer as een greep benodig om karakters te stoor, soos Chinees, Japanees, en Koreaans (Hangul). (Tegniese sprekend ondersteun Vim UTF-8 en Unicode teks.) Teksformattering en Visuele Modus: Met Vim kan jy teks visueel selekteer (met verligting) voor jy 'n instruksie (bv. kopieer, uitwis, vervang, herindenteer, herkapitaliseer of herformatteer terwyl indentasie behou word) op dit uitvoer. Vim kan ook vierkantige blokke teks selekteer en verwerk. Voltooiing: Vim het instruksies wat jou toevoer voltooi met instruksiename, lęername of woorde. Outomatiese Instruksies: Vim het ook "autocommands" vir die outomatiese uitvoering van instruksies (bv. outomatiese ontpakking van gekompakteerde lęers). Digraaf Invoer: Vim laat jou toe om spesiale karakters deur a kombinasie van twee karakters in te tik (bv. die kombinasie van " en a lewer 'n ä) - en laat jou toe om jou eie kombinasies te definieer. Lęerformaat Deteksie en Omskakeling: Vim herken lęers se formaat (DOS, Mac, Unix) outomaties en kan hulle in eniga formaat stoor - unix2dos is nie meer nodig in Windows nie! Geskiedenis: Vim hou 'n "geskiedenis" van instruksies en soektogte, sodat jy vorige instruksies en soekterme kan herroep en wysig. Makro Vaslegging: Vim kan jou wysigingsinstruksies "vaslę" en weer herspeel, om lang, eentonige take vinnig te herhaal. Geheuelimiete: Vim se geheuelimiete vir lynlengte en buffergrootte is aansienlik hoër as die van standaard Vi. Veelvoudige Buffers en Verdeelde Vensters: Vim kan met meer as een buffer werk, en jy kan die skerm in horisontale en vertikale sub-vensters deel, sodat jy baie lęers, of baie dele van sekere lęers, terselfdertyd kan wysig. Nommervoorvoegsels vir Instruksies: Vim laat nommervoorvoegsels toe vir meer instruksies as Vi (bv. vir "put"). Looptydlęers (Hulp- en Sintakslęers): [Addisionele lęers wat gebruik word as die program hardloop - maar wat nie kode bevat wat gekompileer of verbind hoef te word nie.] Vim-5.7 kom met 70 hulplęers (omtrent 2080KB van teks) oor sy instruksies en opsies, met konfigurasie- en wysigingwenke. (Vim-6.0x [010311]: 85 lęers, 2796K van teks). Sekere lęers is spesifiek tot die gebruik van Vim op elke Bedryfstelsel. [010311] Skripsie: Vim kan maklik uitgebrei word d.m.v. 'n ingeboude skripsietaal. Soekafsette: Vim laat afsette vir soekinstruksies toe, sodat die wyser *na* die gevonde teks geplaas kan word. Wysigingsessie Verhaling: Vim kan informasie oor jou wysigingsessie in 'n spesiale lęer ("viminfo") stoor, wat toelaat dat jou wysigingsomgewing, bv. buffer lys, instruksie- en soektog geskiedenis, lęer boekmerke, en registers, herstel kan word in jou volgende wysigingsessie. Keepuitbreiding: Vim kan keepkarakters outomaties met spasies vervang, en andersom. (expandtab, :retab). Etiketstelsel: Met Vim kan jy teks vinnig in lęers find deur die gebruik van 'n index van "etikette", en die vele etiketstapel-instruksies. Teksobjekte: Vim ken meer teksobjekte (paragrawe, sinne, woorde en WOORDE - almal met en sonder omringende witspasie) as Vi, en laat jou toe om die definisies van daardie objekte te verander. Sintaksverligting: Vim wys teks in kleur - na wyse van die teks se "(programmeer-) taal". Jy kan die "taal" (sintaks) van lęers self definieer. Vim kom met meer as 200 sintaksdefinisie-lęers vir die verligting van teks in baie programmeertale (Ada, C, C++, Eiffel, Fortran, Haskell, Java, Lisp, Modula, Pascal, Prolog, Python, Scheme, Smalltalk, SQL, Verilog, VisualBasic), wiskundige programme (Maple, Matlab, Mathematica, SAS), opgemerkde teks (DocBook, HTML, LaTeX, PostScript, SGML-LinuxDoc, TeX, WML, XML), program uitvoer (diff, man), programkonfigurasie-lęers (4DOS, Apache, autoconfig, BibTeX, CSS, CVS, elm, IDL, LILO, pine, procmail, samba, slrn), dopskrip en konfigurasie lęers (sh, bash, csh, ksh, zsh), skripsietale (awk, Perl, sed, yacc, ens.) stelsellęers (soos printcap en .Xdefaults), en natuurlik Vim en sy hulptekste. Spesiale Kode: Vim kan optioneel met Perl, Tcl en Python integreer. Vim kan as 'n OLE outomatisering bediener optree onder Windows. Vim kan ook geïnstalleer word met kode vir X-Windows, vir konfigureerbare menu's en muis-ondersteuning. En veel meer! === Webskakels Vim se tuisblad (in Engels): http://vim.sourceforge.net/ Vir 'n meer omvattende beskrywing van Vim se funksies, sien: http://vimdoc.sourceforge.net/cgi-bin/vim2html2.pl?page=intro.txt === Outeur en Vertaler Oorspronklik deur: Sven Guckes guckes@vim.org Laas geopdateer: Mon Mar 12 07:00:00 MET 2001 Vertaal deur: Piet Delport Laas geopdateer: 2002-08-08 01:15:38 SAST vim: tw=70